Vrae wat God jou vra – Wat is in jou hand?

September 9, 2008

Vrae wat God jou vra – Wat is in jou hand?

 

Goeienaand. Laas week het ons begin met ons nuwe reeks wat genoem word: Vrae wat God jou vra. Ek het gesê dat ons almal het soveel vrae vir God, maar Trevor Hudson sê as ons bietjie tyd spandeer op die vrae wat God ons vra in die Bybel sal ons Hom beter verstaan en antwoorde kry op al ons vrae.

 

Ons het laas week gekyk na die preek tema: Wat is jou naam en ons het gesien hoe eers toe Jakob erken het wie Hy werklik is, eers toe kon God hom bless en vry maak en kon Jakob wees wie God gedroom het hy moet wees.

 

Vanaand vra God ons Wat is in jou hand?

 

Daar is die Christen legend wat sê dat elkeen wat gebore is ‘n spesiale boodskap het om oor te dra. Party mense soos Sannas moet dit sing, ander soos die band moet dit speel en ander moet hiervoor staan en chat. Baie keer miskien strooi, maar soms darem ook sense praat. Ander skryf songs en party briewe. Party mense serve deur vir ander te bid en party pak die saal reg. So kan ons nog baie voorbeelde opnoem. Die legend sê net jy kan daai spesifieke boodskap bring. Niemand kan jou job doen nie. So as jy dit nie doen nie kan Chuck Norris of die Hoff dit nie eers doen nie!

 

Ek like hierdie legend wat sê dat elkeen van ons het waarde en shet ‘n rol om te speel. Die probleem is dat ons baie keer eerder verskonings uitdink om dit nie te doen nie. Hierdie legend laat my dink aan ou Mosie in die Bybel.

 

Kom ons lees Eksodus 3:1-14

 

Mosie staan  in die woestyn en is besig om skapies op te pas. Terwyl hy besig daarmee, begin daar skielik naby hom ‘n bos te brand. Hierdie bos was toe nie ‘n gewone bos nie, die bos is anders – dit brand nie uit nie en toe hy nader strole begin God met hom praat en gee vir Moses sy calling. Maar soos ons, is Mosie baie vinnig en dink baie vinnig op sy voete en het hy vinnig ‘n paar verskonings opgeline en hier is in my parafrase sy excuses:

 

·        Ek is niemand worthwhile nie

·        Ek ken nie genoeg van God nie

·        Wat sal gebeur as ek fail

·        Ek het nie wat nodig is om die job te doen nie

·        Iemand anders kan dit beter doen

­

Na al die verskonings vra God Moses wat is in jou hand?

 

Die vraag was nodig sodat Moses agter kon kom dat hy alles het wat hy nodig het in sy hand om die job te doen. Hy het ‘n stok gehad en God gebruik die stok en Moses om ‘n volk te red.

 

Wat is in jou hand vanaand? God wil gebruik wat jy in jou hand het, maar ek weet dis moeilik om te soms dadelik die vraag te antwoord. Maar elkeen van ons het drie goed in ons hande.

 

(1) Ons het abilities

Van ons het is goed met besigheid bestuur, ander met computers, ander met skryf en praat of caring en ander is goed met luister. Somtyds is ons abilities nie so glamourous oos die ou langs ons s’n nie, maar een ding weet ek, maak nie saak hoe groot of klein ons abilities is nie, as ons dit vir God gee kan Hy huge dinge vermag deur ons. Onthou Moses het net ‘n stok gehad, maar groot dinge is daarmee gedoen. Jy het ook ‘n ability wat God vir jou gegee het en wat Hy wil hê jy moet gebruik.

 

(2) Ons het life experience

Ek weet van julle gaan sê jy begin nou eers leef, wat se ondervinding het jy nou regtig? Ondervinding verskil  baie van persooon tot persoon, want ons almal word anders groot. Maar een ding sien ek in Bybelstories – God gebruik ons ups en downs om die job te doen. Ons sien dit ook in Mosie se lewe. Moses het seker baie keer gewonder wat in die lewe verkeerd gegaan het: hy begin in Farao se huis en word nie dood gemaak as baba nie, dan maak hy ‘n Egiptinaar dood, vlug en werk vir 40 jaar in ‘n woestyn as ‘n skaapwagter. Kyk, dis nou regtig nie die beste CV as jy wil aansoek doen vir die job om die volk na die beloofde land te lei nie. Maar al daai goed, daai life experience gebruik God.

 

Hy het met die groot word in Farao se huis die beste education gekry. Hy weet die ins en outs van Farao se huis. Sy werk in die woestyn het hom ongelooflike survival skills geleer wat jy nooit in boeke sou kon leer nie. Interressant dat die volk ook 40 jaar deur die woestyn moes trek. Die feit dat hy na skape moes kyk, leer hom om ‘n kudde bymekaar te hou om deur die woestyn te trek.

 

Net so kan God al jou life experience gebruik om ‘n verskil te maak.

 

(3) Ons het tekortkominge

Ons almal het flaws en voel soms inadequate. Ek kon onthou toe ek ervaar het dat God vir my sê dat ek moet aansoek vir die job by Impetus dat ek excited gevoel het aan die een kant, maar aan die ander kant het ek bang gevoel dat ek dit nie sou kon doen nie. Dit is die aandkerk en die kinderkerk lei en ek het geweet dis so ‘n huge verantwoordelikheid. Maar ek het 2 keuses gehad – ek kon of daai gevoel my laat weghardloop het, laat kop uit trek het, en opgee het voor ek probeer het of ek het die keuse gehad om te sê Here hierdie gaan nie oor my gaan nie, ek glo dis my calling en ek het U so nodig deur dit.

 

Eers wanneer ons besef dat die taak waarna Hy ons toe roep is groter as net ons, dan kan ons volkome op die Here vertrou en dis dan wanneer ons bereid is om saam met God te gebruik wat in ons hand is.

 

Mag jy hierdie week begin om hierdie vraag te beantwoord: Wat is in jou hand? Mag jy eerlik wees oor jou tekortkominge, excited wees oor jou life experiences en jy jou abilities vanaf God raaksien. Mag jy gebruik wat in jou hand is en ‘n verskil maak. En mag jy hierdie woorde glo wat God vir Moses gesê het: Ek is saam met jou, jy is nie alleen nie.

 

Kom ons bid saam.

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.