Vrae wat God jou vra – Wat is jou naam
September 3, 2008
Vrae wat God jou vra – Wat is jou naam ?
Goeienaand. Ons begin vanaand met ‘n nuwe reeks wat ons noem Wanneer God vrae vra.
Ons is baie vinnig om God die hele tyd vrae te vra, maar in die Bybel is daar ‘n hele paar direct vrae wat God vra en Trevor Hudson sê miskien as ons bietjie oor die vrae na dink en dit beantwoord sal ons dalk God en die Bybel beter verstaan en ons mag dalk selfs antwoorde kry vir ons eie vrae.
Vanaand kyk ons na die vraag Wat is jou naam? Kom ons lees Gen 32:22-28:
Die nag het hy opgestaan en sy twee vrouens en sy twee persoonlike slavinne en sy elf kinders gevat en deur Jabbokdrif gegaan.
Nadat hy hulle deur die rivier gevat het, het hy ook alles wat hy besit, laat deurgaan.
Jakob het alleen daar agtergebly, en ‘n man het tot dagbreek met hom gestoei.
Toe die man agterkom dat hy nie vir Jakob kan wen nie, het die man, terwyl hy met hom stoei, vir Jakob teen die heup geslaan sodat dit uit die potjie gespring het.
Die man het vir Jakob gesê: “Los my, want die dag breek.” Jakob het geantwoord: “Ek sal jou net los as jy my seën.”
Toe vra die man: “Wat is jou naam?” en hy antwoord: “Jakob.”
Die man het gesê: “Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel
Ek dink ons lees hier van die eerste Wrestlemania wat gehou is – Jakob vs Man (want dis wat die Bybel sê, hy het met ‘n man geworstel) en in hierdie Wrestlemania match kry nie een van hulle die winning pin nie en op ‘n stadium kom die man en sê los my, want dis amper dagbreek en Jakob sê nie tot jy my bless nie en dan vra die man hom Wat is jou naam? Weird vraag nê?
Is dit omdat die Here vergeet het met wie Hy begin stoei het? Miskien het die Here in moegheid vergeet…
Miskien sal agtergrond oor Jakob help. Jakob is die tweeling boetie van Esau wat die eersgeborene is van Isak. Jakob se naam beteken tricster, hy is ‘n ou wat planne kon maak en so leer ons hom ook ken. Esua kom eendag terug van die veld af vrek honger en Jakob sien ‘n opportunity. Esua vra Jakob vir ‘n bietjie van sy lensie sop en hier sien ons “broederlike liefde”… Jakob sê ek sal vir jou kos gee as jy jou eersgebore reg aan my verkoop en hier begin daai gesegde van die pad na ‘n man se hart is deur sy maag, want wat doen Esua… hy sê dis ‘n deal, lets shake on it. Later sien ons weer vir ou sceamer aan die werk – Esua se pa is bietjie van ‘n “pansie” en ek sal nou verduidelik hoekom ek so sê, maar hy sê vir sy vrou ek is besig om dood te gaan kry gou vir Esua dat ek hom kan bless, want ek gaan dit nie maak nie. Jakob sien ‘n opportuniy en trekdie vel van ‘n bokkie aan en gaan na sy pa en pretend om Esua te wees. Sy pa is blind, so toe hy instap vra die pa wat is jou naam (al ooit die vraag gehoor…) en wat sê Jakob… ek is Esua en so het hy toe Esua sê seën gesteel. Hoekom is Jakob se pa ‘n pansie – want hy leef nog 25 jaar na daai dag – miksien het hy net ‘n serious dosis van sooibrand gehad of iets… Maar ons sien hier al dat Jakob nie happy is met wie hy is nie en wat doen hy, hy lieg vir sy pa en sê hy is Esua. Nou van kleins af wou Jakob nie wees wie hy is nie en daarom dink ek, het hy voorgegee om Esua te wees. Jakob steel Esua se seën en Esua kom terug en is baie baie baie kwaad en hy sweer dat as hy Jakob kry, hy hom sal dood maak. Ek dink Esua was ‘n man van sy woord, want toe Jakob dit hoor vlug hy dadelik na sy oom Laban toe. Esua het bietjie anger issues gehad klink dit vir my…
Nou ek kan onthou toe ek en Chantal besluit het dat ons gaan begin met ‘n gesin het ons gesukkel met ‘n seunsnaam ons het in die eerste 2 maande van die verhouding besluit dat ‘n dogtertjie naam sal Chane wees en ja ek weet dit was redelik vroeg in die verhouding maar as ‘n man ‘n diamand ontdek weet jy dit en dan hou jy vas aan dit. Maar die seunsnaam was bietjie moeilik tot die Saterdag in die 2004 Trinations waar Os Durandt sy cameback gemaak het. Toe hy die 3de keer vir Dan Carter gelyk gemaak het met moeder aarde was dit die bevestiging wat ek nodig gehad het en met alle oortuiging binne my het ek op gestaan en gesê my seun se naam gaan Os Rootman wees. My vrou en skoonma was bleek, want hulle kon die oortuiging in my stem en oë sien en gelukkig is my skoonma net soos my vrou – mense wat vinnig op hulle voete kan dink en sy sê toe maar hoekom noem julle hom nie eerder Durandt nie. Ek en Tel is toe huis toe daai aand en het gaan kyk wat Durandt beteken en dit beteken toe Strong and Enduring and Stable en net daar het ek en sy gevoel dis die droom wat ons vir ons seun het, om eendag Strong en Enduring en Stable te wees.
Nou in die Bybel se tyd het jou naam ook baie gesê van wie jy is en jou naam het baie keer bepaal watse man jy sou uitdraai om te wees. Dit het gewoonlik gesê wat jou ouers van jou gedink het, gedroom en gehoop het jy gaan wees. So as jy gese het ek is Jakob het mense dadelik geweet die ou is iemand wat jy nie maklik kan vertrou nie, jy kan hom net vertrou so ver jy hom kan gooi.
So toe die man Jakob vra wat is jou naam, is dit nie omdat hy vergget het met wie hy stoei nie hy wou uitvind of Jakob reg is om te own up tot wie hy werklik is, is hy reg om te erken dat hy foute het. En ons sien dat toe Jakob kom en erken wie hy is, toe hy erken hy is Jakob en sy masker van iemand anders probeer wees drop, dis toe dat die Man kan sê jy is nie meer Jakob die trickster nie, maar jy is nou Isreal wat beteken jy het met God en mense geworstel en volhard.
Vandag vra God ons wat is jou naam en die scary ding is dat ek dink baie van ons kan nie daai vraag beantwoord nie en nie omdat ons nie wil nie, maar omdat ons nie weet wie ons regtig is nie. Jy sien ek glo as jy gebore word het God hierdie awesome drome vir jou, wat jou naam is, maar soos ons groter word dan begin ons ander mense sien en soos Jakob begin ons wens ons was eerder daai persoon want as ek net meer geld gehad het, of as ek net slimmer was, of as ek net minder seergemaak is as kind of meer aandag gekry het of maerder was of mooier of langer hare of whatever jou verskoning en begeerte ookal mag wees. Maar miskien moet ek en jy eers op ‘n plek kom waar ons kan own up en ons foute erken en voor God kan kom staan en wys wie ons werklik is, want sodra ons dit doen glo ek dan eers kan God kom en vir ons ‘n nuwe naam gee. En nee, jou naam gaan nie dan verander van Steve na Prince of Simbol toe nie, maar jou naam kan dalk verander van iemand wat altyd negatief is na iemand wat meer positief is of iemand wat moedeloos is na iemand wat hoop het of iemand wat ‘n leunaar is na ‘n truth teller toe.
Die nice ding wat ons by Jakob leer is dat ons kan God vra om ons te seën. Ons sien dat Jakob vir die man sê ek sal jou nie los tot jy my seën nie en ons kan vandag vir God vra om ons te leer wat ons naam regtig is en dit gaan seer wees om dit te hoor en te erken maar as ons dit doen kan ons God vra om ons te seën met ‘n nuwe naam.
So mag jy vandag God vra om jou te help ontdek wie jy werklik is en probeer wees maar mag jy God smeek en vertrou om jou te bless en jou ‘n nuwe naam te gee en sodra God dit doen kan ons ook soos Jakob vry kom van ons verlede en die toekoms instap as vry mense en wees dit wat God nog altyd gedroom het ons kan wees. Mag jy begin wees wie jy gemaak was om te wees.