No perfect people allowed – Kom soos jy is
August 13, 2008
Ons het laas week gesê daar is no perfect people en dat ons almal maskers dra sodat mense dink ons is perfect en het alles bymekaar en ons lewens onder beheer, maar eintlik het ons almal skeletons in die kas. Maar die skeletons moet ons nader aan God bring, nie verder weg vat van Hom af nie.
Die week se tema is Kom soos jy is en dit klink goed en wel en ons sê in die kerk: ja enige iemand is welkom, maar dis eintlik flippen moeilik, want as hier iemand instap wat bietjie rof deur die lewe hanteer is en nie so mooi gemum en gepum is soos ons nie, is ons vinnig om te staar en weird aan te kyk. Ek het die week my self gevang waar ek die persoon wat my kar opgepas het anders hanteer het en eintlik neergekyk het op hom. Ek het hom anders hanteer as wat ek julle almal sou hanteer as ek julle buite hierdie gebou erens gekry het en dis verkeerd – so selfs ek struggle met dit.
Laas week het ek gese baie mense sit by die huis of kom nie kerk toe nie, want hulle sê hulle het te veel foute en issues om kerk toe te kom – hulle is nog heilig genoeg nie. Hoekom dink julle is dit so? Hoekom dink mense hulle moet eers heilig wees en alles together hê voor hulle kerk toe kan kom. Ek dink dis oor die boodskap wat ons as Christ followers uitstuur en die beeld wat die kerk na buite toe uitstraal. Die kerk in geheel stuur die beeld uit dat ons het al die antwoorde, as jy issues het kom – ons het die antwoorde, ons is perfect. Maar ons as Christ followers dra die maskers van ons is holy en soms is ons uit om mense heeltyd te sê hoe sleg hulle is en hoe ons hulle wil verander. Die sad ding is dis nie wat God wil hê nie, dis hoekom in Joh 3:16 staan: want so lief het God die wêreld gehad dat hy sy Seun gestuur het, nie om die wêreld te veroordeel en te sê hoe sleg hulle is nie, maar om hulle lewe te kom gee.
Julle sien in Rom 7 vanaf vers 15 sê Paulus hy doen nie wat hy wil doen nie en wat hy nie wil doen nie, dit doen hy. Jy sien, ons as mense is ingestel om ons self te judge en omdat ons onsself judge, dink ons God is ook uit om ons te judge, maar mense verstaan nie God se liefde nie en ook nie Sy genade nie – God sê: kom soos jy is met al jou foute. Mense glo soms God is teen hulle, maar Paulus kom in Rom 8 en sê maar God is vir ons en niks kan dan teen ons wees nie. Ons almal kan grace beleef, al wat ons moet doen is vra daarvoor en glo.
As ‘n mens bou het jy ‘n centre line nodig en van daai centre line af word al die afmeetings vir kaste en rakke en goed gemaak. As daai centre line 1cm uit is, sal niks van die kaste pas nie, want aan die een kant sal dit te klein wees en aan die ander kant te groot en die probleem is die een kas beinvloed die ander kas en kort voor lank is jy in jou kas in… Net so glo ek is elkeen van ons gebore met ‘n centre line en soms druk die lewe en dan gaan ons centre line ook uit met 1cm en soms met meters en daarom moet ons aandkerk ‘n plek create met so ‘n atmosfeer dat mense hier kan kom so “out of line” as wat hulle is om weer God se centre line vir hulle lewe te kan kom vind en al hoe ons dit kan doen is deur ‘n plek te create waar ons grace vir mekaar het, soos wat Christus vir ons gehad het en steeds het en altyd sal hê.
Die probleem is dat ons baie keer nie net die plek probeer create nie, maar ons wil self die lyn terug skuif, ons wil self die vuil en lelike dinge uitsort en ons doen dit deur maskers te dra. Maar al wie werklik die centre line kan terug sit waar dit moet wees, is nie die kerk nie, is nie mense nie, al wie dit werklik reg kan doen is God. Dis eers wanneer ons God los om God te wees in ons lewens wanneer ons issues oorwin en uitsorteer.
Paulus skryf in 1 Kor 3 dat hy plant Appolos en hy maak nat, maar net God kan werklik laat groei en dis baie keer hoekom ons issues nooit weg gaan nie, want ons probeer God se werk doen. Al wat ons moet doen is ons moet seker maak daar is water, die grond is reg en die saad word geplant en dan moet ons wag dat groei plaasvind, want net God kan laat groei en groei vat tyd.
Ons as Christ followers en die aandkerk het ‘n huge verantwoordelikheid, want ons moet seker maak die grond is reg vir mensen om te kom soos hulle is, ons moet seker maak die saad word geplant en die saad word reg natgemaak sodat God kan laat groei, maar as ons nie een is in die ding nie kan ons die hele ding laat crash. Ons moet saam staan en saam glo.
Nou hoe kan ons seker maak dat ons alle mense dieselfde hanteer wat instap. Ons moet na mense kyk as R100 note. Of ’n R100 mooi plat gestryk is en baie nuut is en of hy op die vloer lê vuil opgefrommel, dit bly dieselfde waarde. Dis presies die selfde met mense – of hulle mooi gepum is en of die lewe hulle bietjie gefrommel het, in God se oë bly hulle kosbaar en ons moet na mense begin kyk deur God se oë en die potential raak sien.
Kom ons as aandkerk begin uitgaan en create ‘n plek en culture hier by ons aanddiens en in ons stad waar mense kan kom soos hulle is en saam sal ons ontdek wat God se plan vir ons is en deur grace sal ons kom soos ons is maar dis deur grace wat God groei sal laat happen dat ons word wat ons moet wees.