Vrae wat God jou vra – Wat is in jou hand?
September 9, 2008
Vrae wat God jou vra – Wat is in jou hand?
Goeienaand. Laas week het ons begin met ons nuwe reeks wat genoem word: Vrae wat God jou vra. Ek het gesê dat ons almal het soveel vrae vir God, maar Trevor Hudson sê as ons bietjie tyd spandeer op die vrae wat God ons vra in die Bybel sal ons Hom beter verstaan en antwoorde kry op al ons vrae.
Ons het laas week gekyk na die preek tema: Wat is jou naam en ons het gesien hoe eers toe Jakob erken het wie Hy werklik is, eers toe kon God hom bless en vry maak en kon Jakob wees wie God gedroom het hy moet wees.
Vanaand vra God ons Wat is in jou hand?
Daar is die Christen legend wat sê dat elkeen wat gebore is ‘n spesiale boodskap het om oor te dra. Party mense soos Sannas moet dit sing, ander soos die band moet dit speel en ander moet hiervoor staan en chat. Baie keer miskien strooi, maar soms darem ook sense praat. Ander skryf songs en party briewe. Party mense serve deur vir ander te bid en party pak die saal reg. So kan ons nog baie voorbeelde opnoem. Die legend sê net jy kan daai spesifieke boodskap bring. Niemand kan jou job doen nie. So as jy dit nie doen nie kan Chuck Norris of die Hoff dit nie eers doen nie!
Ek like hierdie legend wat sê dat elkeen van ons het waarde en shet ‘n rol om te speel. Die probleem is dat ons baie keer eerder verskonings uitdink om dit nie te doen nie. Hierdie legend laat my dink aan ou Mosie in die Bybel.
Kom ons lees Eksodus 3:1-14
Mosie staan in die woestyn en is besig om skapies op te pas. Terwyl hy besig daarmee, begin daar skielik naby hom ‘n bos te brand. Hierdie bos was toe nie ‘n gewone bos nie, die bos is anders – dit brand nie uit nie en toe hy nader strole begin God met hom praat en gee vir Moses sy calling. Maar soos ons, is Mosie baie vinnig en dink baie vinnig op sy voete en het hy vinnig ‘n paar verskonings opgeline en hier is in my parafrase sy excuses:
· Ek is niemand worthwhile nie
· Ek ken nie genoeg van God nie
· Wat sal gebeur as ek fail
· Ek het nie wat nodig is om die job te doen nie
· Iemand anders kan dit beter doen
Na al die verskonings vra God Moses wat is in jou hand?
Die vraag was nodig sodat Moses agter kon kom dat hy alles het wat hy nodig het in sy hand om die job te doen. Hy het ‘n stok gehad en God gebruik die stok en Moses om ‘n volk te red.
Wat is in jou hand vanaand? God wil gebruik wat jy in jou hand het, maar ek weet dis moeilik om te soms dadelik die vraag te antwoord. Maar elkeen van ons het drie goed in ons hande.
(1) Ons het abilities
Van ons het is goed met besigheid bestuur, ander met computers, ander met skryf en praat of caring en ander is goed met luister. Somtyds is ons abilities nie so glamourous oos die ou langs ons s’n nie, maar een ding weet ek, maak nie saak hoe groot of klein ons abilities is nie, as ons dit vir God gee kan Hy huge dinge vermag deur ons. Onthou Moses het net ‘n stok gehad, maar groot dinge is daarmee gedoen. Jy het ook ‘n ability wat God vir jou gegee het en wat Hy wil hê jy moet gebruik.
(2) Ons het life experience
Ek weet van julle gaan sê jy begin nou eers leef, wat se ondervinding het jy nou regtig? Ondervinding verskil baie van persooon tot persoon, want ons almal word anders groot. Maar een ding sien ek in Bybelstories – God gebruik ons ups en downs om die job te doen. Ons sien dit ook in Mosie se lewe. Moses het seker baie keer gewonder wat in die lewe verkeerd gegaan het: hy begin in Farao se huis en word nie dood gemaak as baba nie, dan maak hy ‘n Egiptinaar dood, vlug en werk vir 40 jaar in ‘n woestyn as ‘n skaapwagter. Kyk, dis nou regtig nie die beste CV as jy wil aansoek doen vir die job om die volk na die beloofde land te lei nie. Maar al daai goed, daai life experience gebruik God.
Hy het met die groot word in Farao se huis die beste education gekry. Hy weet die ins en outs van Farao se huis. Sy werk in die woestyn het hom ongelooflike survival skills geleer wat jy nooit in boeke sou kon leer nie. Interressant dat die volk ook 40 jaar deur die woestyn moes trek. Die feit dat hy na skape moes kyk, leer hom om ‘n kudde bymekaar te hou om deur die woestyn te trek.
Net so kan God al jou life experience gebruik om ‘n verskil te maak.
(3) Ons het tekortkominge
Ons almal het flaws en voel soms inadequate. Ek kon onthou toe ek ervaar het dat God vir my sê dat ek moet aansoek vir die job by Impetus dat ek excited gevoel het aan die een kant, maar aan die ander kant het ek bang gevoel dat ek dit nie sou kon doen nie. Dit is die aandkerk en die kinderkerk lei en ek het geweet dis so ‘n huge verantwoordelikheid. Maar ek het 2 keuses gehad – ek kon of daai gevoel my laat weghardloop het, laat kop uit trek het, en opgee het voor ek probeer het of ek het die keuse gehad om te sê Here hierdie gaan nie oor my gaan nie, ek glo dis my calling en ek het U so nodig deur dit.
Eers wanneer ons besef dat die taak waarna Hy ons toe roep is groter as net ons, dan kan ons volkome op die Here vertrou en dis dan wanneer ons bereid is om saam met God te gebruik wat in ons hand is.
Mag jy hierdie week begin om hierdie vraag te beantwoord: Wat is in jou hand? Mag jy eerlik wees oor jou tekortkominge, excited wees oor jou life experiences en jy jou abilities vanaf God raaksien. Mag jy gebruik wat in jou hand is en ‘n verskil maak. En mag jy hierdie woorde glo wat God vir Moses gesê het: Ek is saam met jou, jy is nie alleen nie.
Kom ons bid saam.
Vrae wat God jou vra – Wat is jou naam
September 3, 2008
Vrae wat God jou vra – Wat is jou naam ?
Goeienaand. Ons begin vanaand met ‘n nuwe reeks wat ons noem Wanneer God vrae vra.
Ons is baie vinnig om God die hele tyd vrae te vra, maar in die Bybel is daar ‘n hele paar direct vrae wat God vra en Trevor Hudson sê miskien as ons bietjie oor die vrae na dink en dit beantwoord sal ons dalk God en die Bybel beter verstaan en ons mag dalk selfs antwoorde kry vir ons eie vrae.
Vanaand kyk ons na die vraag Wat is jou naam? Kom ons lees Gen 32:22-28:
Die nag het hy opgestaan en sy twee vrouens en sy twee persoonlike slavinne en sy elf kinders gevat en deur Jabbokdrif gegaan.
Nadat hy hulle deur die rivier gevat het, het hy ook alles wat hy besit, laat deurgaan.
Jakob het alleen daar agtergebly, en ‘n man het tot dagbreek met hom gestoei.
Toe die man agterkom dat hy nie vir Jakob kan wen nie, het die man, terwyl hy met hom stoei, vir Jakob teen die heup geslaan sodat dit uit die potjie gespring het.
Die man het vir Jakob gesê: “Los my, want die dag breek.” Jakob het geantwoord: “Ek sal jou net los as jy my seën.”
Toe vra die man: “Wat is jou naam?” en hy antwoord: “Jakob.”
Die man het gesê: “Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel
Ek dink ons lees hier van die eerste Wrestlemania wat gehou is – Jakob vs Man (want dis wat die Bybel sê, hy het met ‘n man geworstel) en in hierdie Wrestlemania match kry nie een van hulle die winning pin nie en op ‘n stadium kom die man en sê los my, want dis amper dagbreek en Jakob sê nie tot jy my bless nie en dan vra die man hom Wat is jou naam? Weird vraag nê?
Is dit omdat die Here vergeet het met wie Hy begin stoei het? Miskien het die Here in moegheid vergeet…
Miskien sal agtergrond oor Jakob help. Jakob is die tweeling boetie van Esau wat die eersgeborene is van Isak. Jakob se naam beteken tricster, hy is ‘n ou wat planne kon maak en so leer ons hom ook ken. Esua kom eendag terug van die veld af vrek honger en Jakob sien ‘n opportunity. Esua vra Jakob vir ‘n bietjie van sy lensie sop en hier sien ons “broederlike liefde”… Jakob sê ek sal vir jou kos gee as jy jou eersgebore reg aan my verkoop en hier begin daai gesegde van die pad na ‘n man se hart is deur sy maag, want wat doen Esua… hy sê dis ‘n deal, lets shake on it. Later sien ons weer vir ou sceamer aan die werk – Esua se pa is bietjie van ‘n “pansie” en ek sal nou verduidelik hoekom ek so sê, maar hy sê vir sy vrou ek is besig om dood te gaan kry gou vir Esua dat ek hom kan bless, want ek gaan dit nie maak nie. Jakob sien ‘n opportuniy en trekdie vel van ‘n bokkie aan en gaan na sy pa en pretend om Esua te wees. Sy pa is blind, so toe hy instap vra die pa wat is jou naam (al ooit die vraag gehoor…) en wat sê Jakob… ek is Esua en so het hy toe Esua sê seën gesteel. Hoekom is Jakob se pa ‘n pansie – want hy leef nog 25 jaar na daai dag – miksien het hy net ‘n serious dosis van sooibrand gehad of iets… Maar ons sien hier al dat Jakob nie happy is met wie hy is nie en wat doen hy, hy lieg vir sy pa en sê hy is Esua. Nou van kleins af wou Jakob nie wees wie hy is nie en daarom dink ek, het hy voorgegee om Esua te wees. Jakob steel Esua se seën en Esua kom terug en is baie baie baie kwaad en hy sweer dat as hy Jakob kry, hy hom sal dood maak. Ek dink Esua was ‘n man van sy woord, want toe Jakob dit hoor vlug hy dadelik na sy oom Laban toe. Esua het bietjie anger issues gehad klink dit vir my…
Nou ek kan onthou toe ek en Chantal besluit het dat ons gaan begin met ‘n gesin het ons gesukkel met ‘n seunsnaam ons het in die eerste 2 maande van die verhouding besluit dat ‘n dogtertjie naam sal Chane wees en ja ek weet dit was redelik vroeg in die verhouding maar as ‘n man ‘n diamand ontdek weet jy dit en dan hou jy vas aan dit. Maar die seunsnaam was bietjie moeilik tot die Saterdag in die 2004 Trinations waar Os Durandt sy cameback gemaak het. Toe hy die 3de keer vir Dan Carter gelyk gemaak het met moeder aarde was dit die bevestiging wat ek nodig gehad het en met alle oortuiging binne my het ek op gestaan en gesê my seun se naam gaan Os Rootman wees. My vrou en skoonma was bleek, want hulle kon die oortuiging in my stem en oë sien en gelukkig is my skoonma net soos my vrou – mense wat vinnig op hulle voete kan dink en sy sê toe maar hoekom noem julle hom nie eerder Durandt nie. Ek en Tel is toe huis toe daai aand en het gaan kyk wat Durandt beteken en dit beteken toe Strong and Enduring and Stable en net daar het ek en sy gevoel dis die droom wat ons vir ons seun het, om eendag Strong en Enduring en Stable te wees.
Nou in die Bybel se tyd het jou naam ook baie gesê van wie jy is en jou naam het baie keer bepaal watse man jy sou uitdraai om te wees. Dit het gewoonlik gesê wat jou ouers van jou gedink het, gedroom en gehoop het jy gaan wees. So as jy gese het ek is Jakob het mense dadelik geweet die ou is iemand wat jy nie maklik kan vertrou nie, jy kan hom net vertrou so ver jy hom kan gooi.
So toe die man Jakob vra wat is jou naam, is dit nie omdat hy vergget het met wie hy stoei nie hy wou uitvind of Jakob reg is om te own up tot wie hy werklik is, is hy reg om te erken dat hy foute het. En ons sien dat toe Jakob kom en erken wie hy is, toe hy erken hy is Jakob en sy masker van iemand anders probeer wees drop, dis toe dat die Man kan sê jy is nie meer Jakob die trickster nie, maar jy is nou Isreal wat beteken jy het met God en mense geworstel en volhard.
Vandag vra God ons wat is jou naam en die scary ding is dat ek dink baie van ons kan nie daai vraag beantwoord nie en nie omdat ons nie wil nie, maar omdat ons nie weet wie ons regtig is nie. Jy sien ek glo as jy gebore word het God hierdie awesome drome vir jou, wat jou naam is, maar soos ons groter word dan begin ons ander mense sien en soos Jakob begin ons wens ons was eerder daai persoon want as ek net meer geld gehad het, of as ek net slimmer was, of as ek net minder seergemaak is as kind of meer aandag gekry het of maerder was of mooier of langer hare of whatever jou verskoning en begeerte ookal mag wees. Maar miskien moet ek en jy eers op ‘n plek kom waar ons kan own up en ons foute erken en voor God kan kom staan en wys wie ons werklik is, want sodra ons dit doen glo ek dan eers kan God kom en vir ons ‘n nuwe naam gee. En nee, jou naam gaan nie dan verander van Steve na Prince of Simbol toe nie, maar jou naam kan dalk verander van iemand wat altyd negatief is na iemand wat meer positief is of iemand wat moedeloos is na iemand wat hoop het of iemand wat ‘n leunaar is na ‘n truth teller toe.
Die nice ding wat ons by Jakob leer is dat ons kan God vra om ons te seën. Ons sien dat Jakob vir die man sê ek sal jou nie los tot jy my seën nie en ons kan vandag vir God vra om ons te leer wat ons naam regtig is en dit gaan seer wees om dit te hoor en te erken maar as ons dit doen kan ons God vra om ons te seën met ‘n nuwe naam.
So mag jy vandag God vra om jou te help ontdek wie jy werklik is en probeer wees maar mag jy God smeek en vertrou om jou te bless en jou ‘n nuwe naam te gee en sodra God dit doen kan ons ook soos Jakob vry kom van ons verlede en die toekoms instap as vry mense en wees dit wat God nog altyd gedroom het ons kan wees. Mag jy begin wees wie jy gemaak was om te wees.
No perfect people allowed – Wees Sy liggaam
September 3, 2008
No perfect people allowed – Wees Sy liggaam
Ons is besig met ons reeks wat ons noem No perfect people allowed en die eerste week het ons gesê dat daar is geen perfekte mense nie en dat ons almal sceletons in die closet het… Ons het gesê dat ons moet ophou om van God af weg te hardloop soos Adam en Eva as ons sonde doen, want sonde moet ons nader aan God bring, nie verder van Hom af nie. Ons moet van ons maskers drop en by God uit kom – stukkend soos ons is, want Hy soek die ware stukkende jy, nie die “fake, have it all sorted” jy nie. Hoe kan ons dit doen met authenticity in ware verhoudings waar ons mekaar aanvaar net soos ons is?
Toe in week 2 het ons met die gedagte gewerk van Kom net soos jy is – Come as you are. Ons het gesê dat baie mense kom nie kerk toe nie, want die boodskap wat hulle kry van die kerk in geheel en van Christfollowers is “you have to be sorted out and have to have everything under control before going to church.” Baie mense voel klaar judged want hulle judge hulleself en deur daardie oë kyk hulle en dink dat God en ons as Christfollowers hulle ook so wil judge. Jy kan kom soos jy is, want Jesus het klaar die prys betaal en deur GRACE kan ons by God uitkom, want Paulus sê dit in Rom 8. Hy sê God is vir ons en nie teen ons nie. Maar ons as Christfollowers het ook ‘n rol – ons moet daai environment van aanvaarding vir ander create. Hoe kan ons dit doen? Deur na mense te kyk as masterpieces, as R100 note. Ons moet die waarde raak sien, in plaas van die “look”.
Daarna het ons gesê dis cool om te kom soos jy is, maar die Here het sy seun gegee omdat Hy ons so lief het dat hy wil hê ons moet kom soos ons is maar hy wil nie hê ons moet bly soos ons is nie. Ons het toe gechat oor geestelike groei en hoe ons dit kan doen. Ek het gesê dat elkeen van ons speel ‘n rol en ons moet die regte grond create maar dis net God wat kan laat groei. Ons het vir mekaar gesê dis eintlik eenvoudig om geestelik te groei, maar dis nie maklik nie, want ons moet intentional wees oor dit en wil groei en al hoe ons kan groei is om in God geplant te wees en Hom toe te laat om die groei te laat happen.
Nou vanaand sluit ons die reeks af en die tema vir vanaand is Wees Sy liggaam. Dit sluit ook aan by wat ons in die Mythbusters reeks gesê het. Ons het in Mythbusters gesê ons moet nie net lees in die Bybel wees lief vir jou naaste nie, ons moet begin om dit te doen en uit te leef.
Julle sien dis maklik om geld te gee of kos te gee vir die Pay it forward campaign en moet my nie verkeerd verstaan nie dis nie verkeerd nie om dit so te doen nie, want dit help baie. Maar weet julle wat, as ons begin betrokke raak plus ons geld en kos gee dan eers begin ons geestelik groei en is dit nie meer soos wat Jesus hier op aarde kom leef het nie? As ons deur die Bybel kyk sien ek nie een keer waar Jesus nood gesien het en eerder geld gegee het of resources nie – nee ek sien Hom besig om self betrokke te raak en die nood aan te spreek. Is dit nie dalk wat ek en jy moet begin leef nie, want dis eers as ons persoonlik begin betrokke raak waar ons lewens verander en ons self geestelik groei.
Lees Jakobus 3
Ek het so iets in my eie lewe ervaar. Vandat ek kan onthou het ek altyd sendelinge finansieel ondersteun. Vir 2 redes: (1) ek het gedink dis nogal noble en dis wat die Here van my wil hê en (2) ek het gedink as ek sendelinge finansieel ondersteun sal ek nie self ‘n sendeling hoef te wees nie en uit my confort zone hoef te gaan nie. Maar dit was eers toe ek in 1998 op my eerste sendingtrip Zimbabwe toe was, dat ek werklik begin het om geestelik te groei. Vir die eerste keer het ek begin dink oor wie en wat Jesus vir my is en wat Hy vir my beteken. Eweskielik moet ek ander mense begin vertel van hierdie Jesus. Op hierdie trip het ek agtergekom dat ‘n bietjie geloof van my kant af saam met die baie geloof van ander mense saam met my, wonderwerke regtig gebeur. En ek weet dat al hoe ons ‘n sukses van die mission trip gemaak het, was deur Sy liggaam te wees vir mekaar en ook vir die mense in Zimbabwe.
Lees 1 Kor 12
Wat die Bybel vir ons eintlik sê is, ons is almal deel van een liggaam. Nou hoekom sal die Bybel dit sê? Jesus was God wat hom aan ons in ‘n vleeslike liggaam kom openbaar het en ons kom wys het hoe ons moet leef as Sy ligaam. Nadat Jesus die prys betaal het aan die kruis, opgestaan het en hemel toe gevaar het, het Hy Sy Gees vir ons gegee om ons te help om steeds Sy liggaam vandag nog hier op aarde te wees. Elkeen van ons is deel van hierdie liggaam en moet ons funksie in die liggaam begin uitleef. Ons kan op 2 maniere hierdie liggaam wees. (1) ons moet begin om betrokke te raak by iets soos die Pay it Forward groep en hulle Sheperd’s Field projek en (2) ek en jy moet begin om elke dag ook Sy liggaam te wees deur Hom te vra om ons te help om deur Sy oë na mense te kyk. En om ons te help om raak te sien waar die nood is en hoe ons kan help. En daar is baie nood hier in ons land. Elkeen van ons het daagliks te doen met mense wat op een of ander manier in nood is en ‘n behoefte het, maar ons sien dit nie altyd raak nie. Luister ook na die volgende statistieke:
· 1 uit 3 huwelike is eindig op gebreek en dit het ‘n impak op die man en die vrou maar ook op die mense om hulle soos die kids.
· 2 uit 5 mense is verslaaf aan iets, drank, rook, drugs, pille, porn, self bejammering,
· 1 uit 4 vrou sal sexualy abused word voor ouderdom 18
· 1 uit 4 mense as eerlik is sal erken hulle het nie enige real friends nie en voel alleen en daar is niemand wat omgee nie.
Ons kan heel aand aanhou veral in S.A as ons begin praat oor aids en huisloseheid en werksloseheid,
Die realiteit is dat daar in die 4/5 mense met wie ons op ‘n gereelde basis iets te doen het en nie werklik ‘n diep verhouding staan nie ‘n probleem kan hê – soos met een van hierdie dinge wat ons in die statistieke gehoor het. Dit is ons werk as Sy liggaam om te begin om hierdie nood aan te spreek. Hoe kan ons die nood begin raaksien – defnitief om Hom te vra om dit vir ons te wys ( maar ek wil hier se be careful wat jou wish for because you might just get it)
Nou baie van julle se maar ek is nie ‘n counselor nie ek kan nie sulke mense help uit gebroke huwelike nie of ek is nie verslaaf aan iets nie hoe help ek so mense en dis wat awesome is ons is nie alleen in dit nie ons is almal een liggaam en al wat jy dalk moet doen is luister en daai persoon help om by iemand of iets uit te kom wat weet hoe om die probleem te hanteer.
Kom ons vat so minute en dink oor die mense wat ons elke dag mee te doen het maar nie regtig mee praat of ken nie en kom ons besluit vanaand om vir hulle te begin bid en die Here te vra om ons te wys watse need daai mense het en ons ook te help om daai mense te help op die regte manier.
No perfect people allowed – Moet nie bly soos jy is nie
August 13, 2008
Ons is besig met ons reeks No perfect people allowed. Die eerste week het ons gesê dat daar is geen perfekte mense nie en dat ons almal sceletons in die closet het… Ons het gesê dat ons moet ophou om van God af weg te hardloop soos Adam en Eva as ons sonde doen, want sonde moet ons nader aan God bring, nie verder van Hom af nie. Ons moet van ons maskers drop en by God uit kom – stukkend soos ons is, want Hy soek die ware stukkende jy, nie die “fake, have it all sorted” jy nie. Hoe kan ons dit doen met authenticity in ware verhoudings waar ons mekaar aanvaar net soos ons is?
Laas week het ons toe met die gedagte gewerk van Kom net soos jy is – Come as you are. Ons het gesê dat baie mense kom nie kerk toe nie, want die boodskap wat hulle kry van die kerk in geheel en van Christfollowers is “you have to be sorted out and have to have everything under control before going to church.” Baie mense voel klaar judged want hulle judge hulle self en deur daardie oë kyk hulle en dink dat God en ons as Christ followers hulle ook so wil judge. Jy kan kom soos jy is, want Jesus het klaar die prys betaal en deur grace kan ons by God uitkom, want Paulus sê dit in Rom 8. Hy sê God is vir ons en nie teen ons nie. Maar ons as Christ followers het ook ‘n rol – ons moet daai environment van aanvaarding vir ander create. Hoe kan ons dit doen? Deur na mense te kyk as masterpieces, as R100 note. Ons moet die waarde raak sien, in plaas van die “look”.
Vanaand praat ons oor die feit dat jy nie moet bly soos jy is nie…
Julle sien, baie mense hou van die eerste twee preke in hierdie reeks – There are no perfect people en Kom soos jy is, maar baie min van ons hou van vanaand se boodskap, want niemand like change nie. Vanaand praat ons oor geestelike groei en hoe doen ons dit. Vanaand sê ons jy kan nie bly soos jy is nie – don’t stay as you are.
Nou vir enige plant om te groei het jy die regte grond nodig met die regte kunsmis en glo my plante groei op vieslike goed. Ek is nou nie baie groot op plante en tuin maak nie en ek staan meer bekend as ‘n “plant assasin” – mense kry my in om plante te laat vrek. Jy sien vetplante survive die desert maar 6 maande by my en hulle is gone with the wind. Ek is so bad selfs my plastiek bonsia boompie se blare lyk asof hulle besig is om te verlep, hulle is bietjie baie bruin deesdae.
Nou soos ek gesê het, vir plante om te groei sê die slim mense dat jou grond baie belangrik is en jy moet dit gereeld voeding gee – genoeg water en sonlig.
Nou as mense wil geestelik groei, het ons ook die regte grond nodig om in te kan groei. Maar hoe lyk die grond en hoe kan ons dit create? Wel ons is besig om die grond te create met die reeks waarmee ons besig is – There are no perfect people en Kom soos jy is en nog ‘n bestandeel is vanaand se preek – jy moet nie bly soos jy is nie. Jy sien ons moet true community hê waar mense hulle maskers kan drop en dan moet ons ‘n plek van grace hê waar mense nie judged voel nie. En vanaand gaan dit oor dat jy moet wil groei en change – jy moet kom soos jy is maar moet nie so bly nie.
As ons almal eerlik is, sal ons almal kan sê ons sukkel en is nie waar ons werklik wil wees nie. Van ons sukkel met selfbeheersing, van ons met begeertes en drange, van ons wil meer vrygewig wees, van ons wil meer humble wees en van ons verlang daarna om nader aan God te wees.
Jy sien God is lief vir ons en sê kom soos jy is, Ek aanvaar jou so, maar Hy sê ook ek is so lief vir jou ek wil nie hê jy moet bly soos jy is nie, daar is soveel meer vir jou.
Laas week in 1 Kor 3 kom Paulus en sê net God kan laat groei, niks wat ons doen kan groei laat plaasvind nie. My vraag is glo jy dit? Glo jy dat maak nie saak hoeveel boeke jy lees en hoeveel keer jy kerk toe gaan en hoeveel keer jy Praise & Worship nie, hoeveel sel groepe jy bywoon nie, as God nie die change bring nie gaan jy nooit groei nie? Net God kan laat groei, maar ons moet intensioneel wil groei en hom toelaat om te werk.
In Joh 14-16 sien ons Jesus se laaste tyd met sy dissiples en aan die einde van hoofstuk 14 begin hulle na Getsemanie toe te loop waar Jesus verraai sal word, maar oppad daarna toe in hoofstuk 15 kom hulle by wingerde en Jesus tel ‘n tak op en sê die volgende vanaf vers 4: Stay joined to me, and I will stay joined to you. Just as a branch cannot produce fruit unless it stays joined to the vine, you cannot produce fruit unless you stay joined to me. Vers 5: I am the vine, and you are the branches. If you stay joined to me, and I stay joined to you, then you will produce lots of fruit. But you cannot do anything without me.
Jesus kom en sê as ons wil geestelik groei en vrug wil dra moet ons deel van Hom wees en Sy gees moet in ons woon, want as ons deel is van Hom – werklik deel is – en in Hom is, sal ons vrug dra en dit sal nie effort hoef te wees nie, want dit gaan naturally kom. Julle sien geestelike groei is eenvoudig maar dis nie maklik nie, want ons moet intensioneel wees ons moet begin om ons lewens te review. Julle sien die probleem is ons neuk net aan, ons kyk noord en voeter voort en dis miskien hoekom die Psalm digter in Ps 46:10 kom en sê Be still, and know that I am God! I will be praised among the nations, I will be praised in the earth.
Wanneer laas het jy stil geraak en geweet dat God God is? Wanneer laas het jy gaan kyk of Hy werklik die centre van jou lewe is? Wanneer laas het jy die vraag beantwoord van lewe ek regtig vir hom voluit of dink ek net ek doen?
Julle sien die lewe is soos ‘n puzzle en om ‘n groot en moeilike puzzle te bou weet ons almal dat jy die prent nodig het veral as daar ander puzzle stukke tussenin is. Nou ons lewe is soos ‘n puzzle wat ons bou maar soos die lewe aan gaan is ek in community met mense en sien ek baie keer nice puzzle stukke in ander ouens se lewens en hulle puzzle stukke raak deel van my puzzle stukke, maar die probleem is baie keer pas die stukke nie so lekker nie en dan voel ek God is teen my. Baie keer is God net een van die stukke en soms pas Hy in en soms nie. Ek glo dat God ons prent moet wees waarvan af ons ons lewenspuzzle bou. So kan ek en jy elke puzzle stukkie meet en sien of die puzzle stuk in Sy plan vir my en jou lewe is en as dit nie is nie kan ons dit een kant sit en aan hou bou en so groei na dit wat God vir ons in gedagte het.
Ek wil jou challenge vanaand kom ons raak stil en maak God weer ons prentjie waarvan af ons ons lewenspuzzle bou.
No perfect people allowed – Kom soos jy is
August 13, 2008
Ons het laas week gesê daar is no perfect people en dat ons almal maskers dra sodat mense dink ons is perfect en het alles bymekaar en ons lewens onder beheer, maar eintlik het ons almal skeletons in die kas. Maar die skeletons moet ons nader aan God bring, nie verder weg vat van Hom af nie.
Die week se tema is Kom soos jy is en dit klink goed en wel en ons sê in die kerk: ja enige iemand is welkom, maar dis eintlik flippen moeilik, want as hier iemand instap wat bietjie rof deur die lewe hanteer is en nie so mooi gemum en gepum is soos ons nie, is ons vinnig om te staar en weird aan te kyk. Ek het die week my self gevang waar ek die persoon wat my kar opgepas het anders hanteer het en eintlik neergekyk het op hom. Ek het hom anders hanteer as wat ek julle almal sou hanteer as ek julle buite hierdie gebou erens gekry het en dis verkeerd – so selfs ek struggle met dit.
Laas week het ek gese baie mense sit by die huis of kom nie kerk toe nie, want hulle sê hulle het te veel foute en issues om kerk toe te kom – hulle is nog heilig genoeg nie. Hoekom dink julle is dit so? Hoekom dink mense hulle moet eers heilig wees en alles together hê voor hulle kerk toe kan kom. Ek dink dis oor die boodskap wat ons as Christ followers uitstuur en die beeld wat die kerk na buite toe uitstraal. Die kerk in geheel stuur die beeld uit dat ons het al die antwoorde, as jy issues het kom – ons het die antwoorde, ons is perfect. Maar ons as Christ followers dra die maskers van ons is holy en soms is ons uit om mense heeltyd te sê hoe sleg hulle is en hoe ons hulle wil verander. Die sad ding is dis nie wat God wil hê nie, dis hoekom in Joh 3:16 staan: want so lief het God die wêreld gehad dat hy sy Seun gestuur het, nie om die wêreld te veroordeel en te sê hoe sleg hulle is nie, maar om hulle lewe te kom gee.
Julle sien in Rom 7 vanaf vers 15 sê Paulus hy doen nie wat hy wil doen nie en wat hy nie wil doen nie, dit doen hy. Jy sien, ons as mense is ingestel om ons self te judge en omdat ons onsself judge, dink ons God is ook uit om ons te judge, maar mense verstaan nie God se liefde nie en ook nie Sy genade nie – God sê: kom soos jy is met al jou foute. Mense glo soms God is teen hulle, maar Paulus kom in Rom 8 en sê maar God is vir ons en niks kan dan teen ons wees nie. Ons almal kan grace beleef, al wat ons moet doen is vra daarvoor en glo.
As ‘n mens bou het jy ‘n centre line nodig en van daai centre line af word al die afmeetings vir kaste en rakke en goed gemaak. As daai centre line 1cm uit is, sal niks van die kaste pas nie, want aan die een kant sal dit te klein wees en aan die ander kant te groot en die probleem is die een kas beinvloed die ander kas en kort voor lank is jy in jou kas in… Net so glo ek is elkeen van ons gebore met ‘n centre line en soms druk die lewe en dan gaan ons centre line ook uit met 1cm en soms met meters en daarom moet ons aandkerk ‘n plek create met so ‘n atmosfeer dat mense hier kan kom so “out of line” as wat hulle is om weer God se centre line vir hulle lewe te kan kom vind en al hoe ons dit kan doen is deur ‘n plek te create waar ons grace vir mekaar het, soos wat Christus vir ons gehad het en steeds het en altyd sal hê.
Die probleem is dat ons baie keer nie net die plek probeer create nie, maar ons wil self die lyn terug skuif, ons wil self die vuil en lelike dinge uitsort en ons doen dit deur maskers te dra. Maar al wie werklik die centre line kan terug sit waar dit moet wees, is nie die kerk nie, is nie mense nie, al wie dit werklik reg kan doen is God. Dis eers wanneer ons God los om God te wees in ons lewens wanneer ons issues oorwin en uitsorteer.
Paulus skryf in 1 Kor 3 dat hy plant Appolos en hy maak nat, maar net God kan werklik laat groei en dis baie keer hoekom ons issues nooit weg gaan nie, want ons probeer God se werk doen. Al wat ons moet doen is ons moet seker maak daar is water, die grond is reg en die saad word geplant en dan moet ons wag dat groei plaasvind, want net God kan laat groei en groei vat tyd.
Ons as Christ followers en die aandkerk het ‘n huge verantwoordelikheid, want ons moet seker maak die grond is reg vir mensen om te kom soos hulle is, ons moet seker maak die saad word geplant en die saad word reg natgemaak sodat God kan laat groei, maar as ons nie een is in die ding nie kan ons die hele ding laat crash. Ons moet saam staan en saam glo.
Nou hoe kan ons seker maak dat ons alle mense dieselfde hanteer wat instap. Ons moet na mense kyk as R100 note. Of ’n R100 mooi plat gestryk is en baie nuut is en of hy op die vloer lê vuil opgefrommel, dit bly dieselfde waarde. Dis presies die selfde met mense – of hulle mooi gepum is en of die lewe hulle bietjie gefrommel het, in God se oë bly hulle kosbaar en ons moet na mense begin kyk deur God se oë en die potential raak sien.
Kom ons as aandkerk begin uitgaan en create ‘n plek en culture hier by ons aanddiens en in ons stad waar mense kan kom soos hulle is en saam sal ons ontdek wat God se plan vir ons is en deur grace sal ons kom soos ons is maar dis deur grace wat God groei sal laat happen dat ons word wat ons moet wees.
No perfect people allowed – There are no perfect people
August 13, 2008
No perfect people – There are no perfect people
Wie ken ‘n plek of land met die naam Venatue? Dis ‘n klein plekkie van so 200 000 mense en hulle is op ‘n eiland. Hierdie plek het die prys gewen vir ‘n hele paar jaar vir die “Happiest place on earth”. Die mense wat op hierdie plek woon word gesien as die happiest mense op aarde.
Hulle spokesperson sê na die vraag hoekom dit so is, dat hulle gewoond is om niks te hê nie en hulle is meer gesteld op mense en verhoudings as om goed te wil hê. Doen hulle nie wat God wil hê ons eintlik moet doen nie – hulle lewe in verhouding met mekaar.
In Gen 1 sien ons dat God create alles en sê dit is goed. In Gen 2 sê God dat alles is tog nie so goed nie…dis nie goed dat die mens alleen is nie. Ons – die mens – is gemaak om in relationship met mense en met God te wees. In Gen 3 kom ons as mens en maak ons droog en doen sonde en die gevolg is ons kruip weg van God en van mekaar, maar die groot probleem is dat dit nog nooit opgehou het nie – ons kruip nog steeds weg vir mekaar, maar ons doen dit net agter maskers vandag.
Al ooit gewonder hoekom ons bang is en hoekom kruip ons agter maskers weg? Ons doen dit, want die wêreld se reëls sê as mense sien wie jy regtig is, gaan hulle jou judge en jy gaan alleen wees, mense gaan jou nie laaik nie jy gaan dalk geen Kersfees kaartjie kry nie. Niemand van ons kom en ontmoet mense vir die eerste keer en se ”hi ek is (vul in jou naam) en ek is nie so seker oor die hele Christen ding nie, ek explore nog maar eers… of ek is eintlik addicted to porn omdat ek geen aandag gehad het toe ek klein was nie”. Nee ons begin met die mooi maskers sodat niemand neerkyk op ons en ons judge nie.
Henry Davis Throw het gesê: we all live lives of quiet desperation, all we really want is to belong somewhere.
Nou wat as Jesus vir ons nuwe reëls gebring het?
1 soos daar is geen condemnation meer nie. Jy hoef nie meer te worry oor wat mense dink nie, want Hy dink jy is great.
2 Jy hoef nie meer te pretent nie, wees wie jy is want jy sal aanvaar word.
3 Saam stap ons die pad. In community sal ons saam leer wat God ons wil leer en hoe ons moet leef.
Is dit nie eintlik wat elkeen van ons wil hê nie? Dink net ons begin volgens Jesus se reëls leef en hou op om die reëls van die wêreld te glo dat jy moet perfect wees. Dink net ek en jy kan kom met al ons issues en foute en crap en in ‘n authentic community saam leer en word wat Hy wil hê ons moet wees.
Ek is jammer om dit te sê, maar daar is geen perfect people nie – almal van ons wat hier sit het een of ander sekeleton in die kas wat as dit vanaand op ‘n screen gewys word, ons flippen bad sal lyk en voel. Die Bybel sê dat ons almal het gesondig en net deur dit wat Christus vir ons aan die kruis gedoen het, kan ons deur genade groei na waar ons moet wees.
Die wêreld condem foute en sê jy moet perfect wees en mag nie foute maak nie, want as jy verkeerde dinge doen is jy ‘n loser. Maar ek dink foute is al manier hoe ons leer en groei. Rasputen het gesê hy sondig sodat vergifnis betekens kan hê. Ek stem nie heeltemal saam met hom nie en ek sê nie jy moet nou uitgaan en heeltyd foute maak nie, maar as ons foute maak en sondig moet dit nie soos Adam en Eva wees waar ons gaan weg kruip nie, maar ons moet eerder na God toe hardloop en nader aan Hom kom sodat in genade ons kan vergewe word en in’n authentic community wat ons as kerk moet wees, saam kan groei nader aan die beeld van Christus.
Daar is baie mense daar buite wat vanaand by die huis sit en nie kerk toe kom nie, want hulle voel hulle moet eers daai foute uitsort en hulle lewens regkry, maar Jesus het dan op ‘n staduim gesê dat Hy gekom het vir die wat siek is, nie vir die wat gesond is nie. Miskien sit jy vanaand hier en voel jy kon nog nie werklik by Hom uitkom of oorgee nie, want jy het te veel issues en foute in die verlede. Ek wil jou vanaand challenge: kom met al daai foute na Hom toe, want Hy wil jou aanvaar met al jou foute en saam kan ons groei na dit wat Hy oorspronklik vir ons in gedagte gehad het.
Kom ons, as aandkerk, begin so ‘n authentic plek create waar ons almal en mense van buite kan kom en nie meer alleen ons eie battles hoef te fight nie, maar ons almal saam in Christus se genade meer word soos Hy.